Ek is Magriet Fourie, en welkom by Gekroon deur God.
My lewe was vol struikelblokke, maar deur die liefde van Jesus en die krag van die Heilige Gees het ek dit een-vir-een oorkom. Ek deel my storie om ’n seën en lig vir ander te wees – vir enigiemand wat dalk vasgevang, gebroke of verlore voel.
My doel is om jou te help om te blom waar jy geplant is – presies waar jy nou is, met wat jy het, deur God se genade. Ek ondersteun organisasies wat op my hart gelê word soos Handwerk Engele en Bringing Back Hope Centre vir Autistiese kinders. Jy is welkom om 'n donasie te maak as jy daartoe gelei voel, maar daar is geen verpligting nie.
Hier gesels ons oor:
Geestelike motivering en getuienisse
Emosionele genesing
God se doel vir jou lewe en Bybelse waarhede
Die rol van mans en vroue in die Bybel
Bemoediging vir tieners met Niki – My Pepertyd kind
God in kleur, Bringing Back Hope Center, en Handewerk Engele
Ek bied kursusse aan oor:
Lewe in Volkleur, waar ek jou leer van jou en ander se temperemente/persoonlikhede en hoe om Geesvervuld te leef, jy gaan leer van die regte kleur en styl wat by jou pas en hoe jy kan blom vir God. Ons praat ook oor Liefdestale en TheResa Potgieter help jou om jou emosies en behoeftes te verstaan.
Klim jou Berge, ’n kursus oor hoe om deur verandering en trauma te floreer. Ek lei jou deur elke moontlikke piek en grot waarin jy kan verval en hoe om nie in die begraafplaas te eindig nie.
Ek is ‘n:
Motiveringspreker
“Change management” deskundige
Besigheidsanalis en -fasiliteerder
Internasionale modeontwerpster
Klerekasbeplanningskonsultant (Kleur, Style en Klere)
Ma en ouma met ‘n Hart vir mense
Ek werk saam met TheResa Potgieter
Holistiese leefstyl afrigter (My benadering is nie "New Age" nie maar Faith-based)
Kyk onder by ONS GEMEENSKAP en gaan besoek gerus haar tuiste
As jy iets op jou hart het of met iemand wil gesels, kontak my gerus via WhatsApp of per e-pos
Skakel in op YouTube vanaf 18:30 - 19:30 (1hr)
Join Live on Youtube from 19:30 - 20:30 (1hr)
Holistic Mentor & Coach
Fotografie
Graphic Design & Web Development
Copyright © All Rights Reserved (2025) - Smithex Design Studio | 063 250 3131